Baie liefde, geduld, fun en nogmals LIEFDE
Ons leer die kinders hoe om die Here te aanbid.
Kinders doen groepwerkies volgens elke dag se tema.
Daar word speletjies gespeel en kompetisie gehou tussen die groepe.
Elke dag word daar lekker kos gemaak. Ons maak seker hul magies is vol voordat hul huis toe gaan.
Ons gee elke dag tyd vir spesiale sprekers om met die kinders iets mee te deel. Selfs veeartse en tandartse kom kuier ook.
Na etes is dit tyd vir Arts&Craft, vanaf inkleur, uit knip en verf, is vir ons almal pret.
Jeugweek maak seker van 'n ICE BREAKER sodat tieners mekaar kan leer ken en fun te hê.
Voor die diens begin, is daar tyd om die Here te LOOF en PRYS
Sprekers word voor die tyd goedgekeur om seker te maak hul praat die waarheid en volgens woord.
Geleentheid word gegee om te bid vir mekaar en ander.
Beste plek om te social, is by die CAFE area met 'n heerlike koppie koffie.